Ek is Helena Zwarts, 'n digitale bemarking afrigter en die trotse eienaar van Slim Bemarking. Ek spesialiseer in die ondersteuning van Afrikaanse ou en nuwe entrepreneurs wat verdwaal in die digitale bemarking wêreld.
As jy oorweldig voel en te veel tyd bestee aan digitale bemarking, is ek hier om 'n hand te bied. Dalk sukkel jy met 'n gebrek aan tegniese kennis, en die oorvloed aan digitale bemarking opsies veroorsaak verwarring. ROI, inhoud skepping, en die uitdaging van 'n ongedefinieerde teikengroep voeg ook tot die frustrasie by.
Tog het elke individu 'n diep begeerte om te groei, nie net op besigheidsvlak nie, maar ook as 'n individu. My motivering en passie lê daarin om mense te help. Ek put vreugde daaruit as 'n helder lig in iemand se oë opvlam en 'n "WOW"-oomblik ervaar word. Ek deel maklike en praktiese stappe wat nie net doeltreffend is nie, maar ook 'n skuif in denke bewerkstellig.
Slim Bemarking bied 'n unieke een stop digitale bemarking hulpbron, spesifiek vir Afrikaanse besigheidslui.
Hierdie reis gee jou die beheer oor digitale bemarking. Jy sal met selfvertroue en sonder stres 'n oorkoepelende digitale bemarking strategie kan opstel, implementeer, data-insigte verstaan, doeltreffende bemarking besluite neem, en met gesag daaroor kommunikeer. Na ons digitale reis is nie net jou besigheid op 'n pad na sukses nie, maar jyself het ook 'n eksponensiële persoonlike groei beleef.
Boek 'n Gratis Info Sessie
Daar is TWEE OPSIES R849/maand vir 3 maande of R2199 eenmalig.
In hierdie PRAKTIESE intensiewe werkswinkel van net 2 ure gaan jy ontdek hoe om:
AANBOD SLEGS BESKIKBAAR TOT 14 NOVEMBER 2024
Facebook-groepe strategies in te span om jou kliëntebasis te laat groei – alles terwyl jy binne die reëls bly.
‘n Slim, organiese strategie op te bou wat jou sigbaarheid laat styg sonder dat jy enige geld aan advertensies spandeer
Waarde toe te voeg wat nie net die gesprekke aktief hou nie, maar mense natuurlik na jou besigheid lok.
Facebook se reëls en riglyne te ken, sodat jy met selfvertroue betrokke kan wees en weet jy bly veilig.
Lees meer oor digitale bemarking en hoe jy dit tot jou voordeel kan gebruik.
Plaaslike bemarking is 'n bemarkingstrategie om potensiële kliënte binne 50 km van die fisiese ligging van die besigheid te teiken. Ander uitdrukkings vir hierdie tipe bemarking is plek-gebaseerde bemarking, buurt bemarking, of plaaslike winkel bemarking.
Plaaslike besighede het nie wêreldwye bereik nodig nie. Hulle moet hul onmiddellike plaaslike gemeenskap teiken. As plaaslike besighede die verkeerde ligging en gehoor teiken, sal hulle tyd en geld mors. Basies is daar twee tipes bemarking: Inkomende of Uitgaande bemarking
Lees Meer Hier...
Vandag gaan ons die kragtige beginsels van gravitasie en lojaliteit in die wêreld van digitale bemarking verken. Hierdie beginsels vorm die ruggraat van effektiewe bemarkingstrategieë wat nie net mense aantrek nie, maar hulle ook aan jou merk bind.Lees Meer Hier...