Wat is Lokale Bemarking?

By Helena Zwarts - Slim Bemarking
Wat is Lokale Bemarking?

WAAROM LOKALE BEMARKING?

Lokale bemarking bly steeds een van die belangrikste strategieë om kliënte na jou deur te lok. 'n Massiewe 85% van besigheid eienaars is afhanklik van mond-tot-mond verwysings. Dit is hoekom dit krities is om kliënte in jou plaaslike omgewing te bereik.

Plaaslike bemarking is 'n bemarkingstrategie om potensiële kliënte binne 50 km van die fisiese ligging van die besigheid te teiken. Die kliëntebasis van 'n plaaslike besigheid mag geheel en al bestaan uit kliënte binne 'n paar kilometers. Ander uitdrukkings vir hierdie tipe bemarking is plek-gebaseerde bemarking, buurt bemarking, of plaaslike winkel bemarking.

Hoekom is plaaslike bemarking belangrik?

Om 'n volhoubare besigheid te verseker, sal jy plaaslike bemarking benodig om jou kliëntebasis vir volhoubaarheid en groei uit te brei.

Plaaslike besighede het nie wêreldwye bereik nodig nie. Hulle moet hul onmiddellike plaaslike gemeenskap teiken. As plaaslike besighede die verkeerde ligging en gehoor teiken, sal hulle tyd en geld mors. Basies is daar twee tipes bemarking: Inkomende of Uitgaande bemarking.

Inkomende Bemarking verwys na plaaslike SEO, Google Business Profile, en sosiale media bemarking, ens. Uitgaande Bemarking verwys daarenteen na plaaslike gebeure, vertoonadvertensies, gemeenskapsbetrokkenheid, ens.

Plaaslike bemarking is van kritieke belang vir klein besighede wat afhanklik is van verbruikers wat goedere/dienste vanaf hul fisiese ligging koop (soos winkels, tandartse, haarkappers, restaurante). Alle relevante plaaslike besighede word aan die soeker voorgestel as gevolg van Google se soek algoritme - as hulle "naby my" in hul soek string gebruik.

Plaaslike Bemarking - 3 Tendense om te Implementeer

Om bewus te wees van plaaslike bemarking tendense kan die verskil maak tussen die suksesvolle of onsuksesvolle implementering van 'n plaaslike bemarkingsveldtog. Met die volgende 3 plaaslike bemarking strategieë mag jy onverwagte resultate ervaar.

Resensies

Een van die kragtigste plaaslike bemarking strategieë is waarskynlik kliënte resensies. Het jy geweet dat 95% van kliënte 'n resensie sal lees voordat hulle besluit om die aankoop aan te pak? Dit is vanselfsprekend dat jy nie negatiewe resensies wil hê nie (en dit sal jy altyd kry), maar jy moet 'n stelsel vind waar kliënte 'n resensie kan laat. 'n Resensie is net so goed soos mond-tot-mond; veral as die leser 'n resensie lees van iemand wat hy ken en vertrou. Daar is geen twyfel dat positiewe resensies 'n groot impak op jou plaaslike bemarkingstrategie sal hê. Die Google Resensie stelsel is 'n uitstekende manier om resensies in jou plaaslike bemarking strategie in te sluit.

Selfoon

Vandag, en veral in hierdie post-pandemiese wêreld waarin ons leef, ontdek verbruikers besighede, produkte, of dienste hoofsaaklik deur middel van 'n selfoon. In werklikheid, volgens Google, word 61% van alle soektogte gedoen deur middel van 'n selfoon. Die belangrikste feit oor selfoon soektogte is om te verseker dat jou besigheid se webwerf ten volle funksioneel en geoptimeer is vir selfone. Jou webwerf moet sienbaar wees op verskeie skerm groottes. 'n Klikbare telefoonnommer is ewe belangrik. 'n Selfoon-geoptimeerde webwerf is sleutel vir plaaslike bemarking omsetkoerse.

Kliënte Verwagtinge

In die wêreld van vandag is gerief en spoed van kardinale belang. Mense wil vir niks wag nie, veral nie vir 'n webwerf wat stadig laai nie. Voeg 'n eenvoudige afrekenproses by en jy is reeds voor die kompetisie. Die punt is dat koop gedrag drasties verander het. Daarom is dit vir jou as 'n klein besigheid eienaar belangrik om by hierdie nuwe dinamika in te skakel sodat jy jou produk of diens voor die regte mense op die regte tyd kan kry.

Opsommend kan ons dus sê vir effektiewe plaaslike bemarking is resensies, selfoon-geoptimeerde webwerf en die voldoen aan kliënte verwagtinge drie pilare vir suksesvolle bemarking.

Gebruik jy al drie? Watter een gee jy dalk te min aandag? Ek hoor graag van jou?

Kry Joune Nou - R99