INSPIRASIE - my 2024 Woord vir Moedhou en Deurdruk

By Helena Zwarts - Slim Bemarking - January 8, 2024
INSPIRASIE - my 2024 Woord vir Moedhou en Deurdruk


Wow, die jaar vlieg! Hier is ons al in die tweede week van Januarie!

Ek kies elke jaar 'n WOORD wat my gedurende die jaar sal lei.

Waarom doen ek dit? Dit dien as my riglyn vir besluite en moedig my aan om doelgerig na my doelwitte te beweeg. Dit bring 'n dieper bewustheid oor hoe ek wil hê my jaar moet vorder. Dit gee my kontrole oor my denke.


Hoe kies mens jou WOORD van die Jaar?

Maak twee kolomme op 'n stuk papier. In die een kolom skryf jy alles wat goed die afgelope jaar afgeloop het, en in die ander kolom skryf jy alles wat jy wil verander.


Kyk na die lys van goeie dinge en vra die volgende vrae:

a. Hoe laat hierdie goeie dinge my voel?

b. Waarvan wil ek graag meer hê?

Kies een tot vyf woorde wat hierdie gevoel beskryf.

Bepeins die woorde en kies EEN WOORD wat regtig met jou praat en wat jou dwarsdeur die jaar op verskeie maniere kan inspireer om voort te bou op dit wat jy begin het.

Hier is 10 woorde vir inspirasie:

Floreer/Blom

Vreugde

Fokus

Genesing

Koester

Groei

Moed

Transformeer

Innoveer

Inspireer


5 VOORDELE om 'n Woord van die Jaar te kies

Eenvoud en Fokus - 'n Enkele woord is maklik om te onthou.

Buigsaam en Aanpasbaar - 'n Enkele woord kan op verskeie maniere vertolk word.

Selfondersoek - Dit dwing jou tot diep selfondersoek oor waardes, doelwitte, en fokus vir die jaar.

Bevorder Groei en Ontwikkeling - Die woord sal jou inspireer om te fokus op persoonlike groei en selfontwikkeling.

Volharding en Deursettingsvermoë - Dit moedig jou aan om deur te druk, selfs wanneer dit moeilik raak.


My woord vir 2024 is "INSPIREER." Ek wil 'n bron van inspirasie wees vir ander. Ek wil julle inspireer om met al julle krag in digitale bemarking in te spring, want ek WEET dit WERK.


Glo in God, glo JY KAN, glo in jou GAWES, glo in JOUSELF.


JOU BEURT. Het jy al vantevore 'n WOORD van die Jaar gekies? Watter WOORD het jy vanjaar gekies? Waarom het jy dit gekies?


Hartlike Groete met al die Liefde in my Hart


Helena

Slim Bemarking